

Die Worldcup is om die draai. Dit beteken ons strate gaan oorloop van buitelanders. Hierdie buitelanders glo steeds die wilde diere gaan hul vergesel van een hoek tot die volgende. Die khaki gaan menige oog seermaak. Verassing: daar is meer as net die swart nasie in Suid- Afrika. Dis regtig waar, baie uitlanders glo ons land is slegs 'n swartbevolking. Die woord reënboognasie het nie duidelik die situasie weerspieël nie. Een van die outjies wat saam m et my werk vertel hoe hy oorsee was en almal konstant wou seker maak of hy ragtig van Suid-Afrika kom, omdat hy wit is. Sy antwoord was ja, hy kom inderdaad, maar hy is eintlik swart, maar in die winter bleik ons uit tot hierdie kleur. Uitstekend.
Buitelanders is 'n vreemde spesie en ek sal dit nie verstaan nie, maar hulle tel die teenoorgestelde geslag in 'n oogwink op. Jy sal sit in 'n kroeg en 'n drankie geniet, 'n plaaslike ou stap in jou rigting en blaker uit dat hy wil seks hê met jou. Wat? Lyk jy soos 'n slet en jy plat jou hand op sy wang neer. Maar laat daar nou 'n buitelander met 'n vreemde aksent na jou kom en dieselfde ding kwytraak, smelt jy van jou stoel af, jellie in sy hande en sjoef-sjaf is jy in sy bed. Ek het eenkeer 'n Iet ontmoet, Steve. Hy was redelik aantreklik, maar toe hy sy mond oop maak skree my klein stemmetjie vir my: "hoekom het ek 'n kêrel!" Gelukkig het my selfbeheersing gewen, maar as ek 'n aanleenloper was, was ek dalk geflous. Dieselde storie met die Argentiniërs, hulle "I love you, I love you" die hele aand lank en so manipuleer hul die prooi om te val vir hul skerp tande. Wat hul eintlik so gulsig op hul lippe hang is seks, seks en net nog seks. Soms werk die kombinasie van aksent en alkohol nie so goed vir die buitelander nie. Ek en my vriendinne, die tripot, het een aand rustig in Mercury 'n drankie geniet. Die volgende oomblik struikel daar 'n verlore siel na ons toe, lig sy hand tot voor sy voorkop, wikkel sy vingers en uiter vir Wilmi: "You are as sexy as a crayfish." Hy was ernstig. Ek kners op my tande om te keer dat ek nie op hom spoeg soos ek lag nie. 'n Duidelike flop.
Ek is nogal opgewonde vir die Worldcup om te begin, ek dink dit gaan 'n interessante tyd wees vir Suid- Afrika. Ek is optimisties, glo dit gaan 'n sukses wees, Bafana gaan ons verras met goeie spel, baie sexy uitlanders gaan oor ons turf wemel, interessante gesprekke gaan plaasvind en geen wilde diere word toegelaat nie. Beware.
No comments:
Post a Comment