Monday, May 24, 2010

Die duiwel speel met my kwas.















Bel, sms, twyfel, bel weer, finale sms en uiteindelik het jy 'n bier in die een hand, 'n sigaret tussen die lippe en 'n chippie in die oorblywende hand. In die koue van Bloemfontein word wyn, bier en die occasional tang, archers, tequila of zagermeester benodig op 'n gereelde basis. Daarby word goeie musiek en bietjie-bietjies malmense in die mengel gemoes. Die volgende oggend struikel jy by die huis in en jou bene lyk soos 'n oorlogveld. What happened? You happened. Your friends happened.

Die evidence is opvallend. Daar is menige foto geneem, maar jy kan nie eenkeer die flash in jou oë onthou nie. Verder weet jy, daar was gedans dans dans ons het gefokken fokken dans, vleis geëet, 'n persoon van Irak het jou 'n lelike sê-ding geleer, jy het saam met ' n skoolhoof die Bloemfontein mambo geniet, in jou bed beland en met 'n glimlag ontwaak, terwyl daar iemand op 'n kampstoel uitgepass is, 'n vreemde goose op die bank en nog 'n gesig loer uit onder 'n kombers op die tweede bank. Die miere floreer oor die vloer, tafel, papsak en glase. Jy knik jou kop= satisfaksie.

Ek mis die kaap, maar hier in die Bloem speel die duiwel met my kwas. What a beautiful painting was created!

No comments:

Post a Comment