Monday, May 24, 2010

Ek weet nie.











Hoekom reken party mense ek weet nie is 'n antwoord? Dit is nie. Ok, tog in sekere gevalle kan dit toegelaat word, byvoorbeeld: "Hoe laat is dit?", en jy besit nie 'n horlosie nie, " ek weet nie". Aanvaarbaar. Mense besef nie dat die eintlike antwoord, "Ek weet nie", jou soos 'n poep op 'n lap laat lyk. Gee asseblief net vir my 'n intelligente antwoord of maak 'n grappie. Grappies word waardeer in sulke situasies of dan ook net die blote waarheid.

Die frase is een wat my hoogs irreteer. Daar is baie baie erge frustrasies in hierdie land van ons, maar 'n vertraagde antwoord kan my teen die mure opdryf! Ek het menige kere al die begeerte gekry om my hand te lig en kennis te maak met die persoon se gesig. "Hoekom klap jy my?" "Ek weet nie". Bam slaan jy hom met 'n middelvinger tussen die oë.

"Ek weet nie", "Hoekom", " Sommer" is net 'n paar voorbeelde in die boek van woorde wat jou intelligensie vlak laat daal tot op die Ik van 'n potplant. Ek het eendag besluit om 'n ID foto te gaan neem, want ek moes my lesensie kry. Die gesprek loop as volg met die fool agter die toonbank.

Ek: Kan ek 'n ID foto hier neem?
Fool: Hoekom?
Ek Ek het een nodig.
F: Hoekom?
E: Ek moet dit aan 'n papier heg.
F: Hoekom?
E: Is dit jou werk om my hierdie kak vrae te vra?

Wragies weer.

F: Hoekom?
E: Dude, ek het 'n foto nodig om aansoek te doen vir my lisensie. Tevrede?
F: Hoekom?

Is jy ernstig, is dit nie duidelik hoekom ek 'n foto wil hê om aansoek te kan doen vir my lesensie, sodat ek wettig kan bestuur nie? Die resultaat was dat ek hoogs bedonderd lyk op my foto. Dankie fool agter die toonbank vir jou interessante manier van interaksie met 'n kliënt. As ek verder dit sou wou ontleed kry jy mans wat dink dis 'n goeie "pick-up line". Hahaha, ek moet lag vir die patetiese poging tot kom-ek-beïndruk-hierdie-dame-met-my-vaardigheid-in-die-woord, "hoekom". My troeteldiere het meer skill as jy. 'n "Pick-up line" moet of baie skerp wees of so lame dat die snaakse element in jou guns tel. "Hoekom" kwalifiseer nie.

Die ander geval wat ook onlangs die intelligensie vlakke van my x verraai het in 'n onverwagse, "ek twyfel in die verhouding oomblik", loop as volg:

E: Ok, so wat wil jy doen in die situasie?
X: Ek weet nie.
E: Hoe kan jy nie weet nie, jy twyfel, wat wil jy hê?
X: Ek weet nie.

So het die gesprek aan gehou en aangehou met die antwoord "ek weet nie", totdat ek besluit het de hel met dit en gevra het ek of dit nou die einde is?

X: Ja, op een voorwaarde.

Op 'n voorwaarde? Ekskuus? Nadat ek moet sukkel om meer as 'n "ek weet nie" uit hom te kry? Hy speel toe nie. Die voorwaarde was dat ek en hy nog kon vriende bly, maar in alle eerlikheid weet ek nie of ek kan vriende wees met iemand wie se intelligensie vermoeëns gelyk is aan die van 'n vis nie. Hy swem net konstant in 'n sirkel en borrel so af en toe 'n "ek weet nie" uit. Nee.

Dus het ek my besluit geneem. Ek meng nie weer met mense wat in een tot drie woorde 'n gesprek probeer voer of dom antwoorde gee nie. Dus as jy cool genoeg is, sal jy in 'n ongemaklike situasie of ook net as jy nie 'n idee het wat die antwoord is nie, 'n grappie maak of met iets slim die persoon interesseer.

"Ek weet nie".

No comments:

Post a Comment