Sunday, May 16, 2010

CarBar

Baie mense sal met my saam stem as jy sê "CarBar", jy sal tien teen een nog 'n juig ook ontvang. Op my dag en veral in die skelmbos het ons die missie sommer maklik aangepak, daarna die papsak in die handsak gegooi en geboogie. Gisteraand was vir my so 'n episode in Bloemfontein en nou is die son te skerp op my oë.

My punt wat ek wil bereik is: as jy die keuse maak om te "CarBar", kies die regte drank. Dit klink heel eenvoudig, maar vertrou my as ek sê dit is baie belangrik. Byvoorbeeld, Tang en Boks Rose= nie goeie keuse nie, tensy jy dit verniet kry. Alles is goed as jy dit verniet kry!

"CarBar" is 'n aangename geleentheid wat moet respekteer word. Dus, as jy beplan om jou Parow vriende op te laai en jou boombox op die hoogste frekwensie te laat vibreer, bly eerder by die huis. Dis die siele wat "CarBar" vir die ordentlike kinders onmoonlik maak.

Pasop vir die Bacon!

No comments:

Post a Comment