
So is ek gestrand tussen die mielies, Bloemfontein, en gisteraand is Taxi Violence en Ashtray Elelctric veronderstel om te speel. Yes, uiteindelik 'n stukkie van die Kaap wat gesig wys in die Mystics(mystic, sonder die"s" in die Bloemtaal). Ek en my broer is in 'n partybui van alle tye, dye hare, trek die kiefste pakkies aan, right here we go. Teleurstelling, oh what terror, jip die bands se bus het iewers gebreuk. Regtig? Is dit jou verskoning? OK, net om die punt ook uit te kry daar is bloemers wat smaak het en baie uitgesien het na die gig. Colourblind het die plek gevul en 'n interessante akoestiese set gespeel. Die frontman het inderdaad 'n goeie stem, goeie dinge kn dalk nog vir hulle voorlĂȘ. Shit-story, of wel dis hoe hul naam klink as jy dit vinnig sĂȘ, was maar vervelig. Gaap. Terwyl hierdie band probeer het, het ek en my tas foozball tafel toe beweeg om 'n paar ouens se ego's te knak. Great success. Die teleurstelling was toe 'n goeie aand, goeie talent, goeie tas, kak R13,50 smokes.
http://www.facebook.com/l.php?u=http%3A%2F%2Fwww.youtube.com%2Fwatch%3Fv%3DXcYiH3pziQQ&h=762dd
http://www.facebook.com/l.php?u=http%3A%2F%2Fwww.youtube.com%2Fwatch%3Fv%3DXcYiH3pziQQ&h=762dd
No comments:
Post a Comment