Monday, October 18, 2010

Van uitstel, kom afstel.

Ek het so verskriklik lanklaas geskryf ek is al bang ek het vergeet hoe. My gedagtes was vir 'n redelike tyd aan die dor kant. Het Bloemfontein se lang geel gras my vasgevang en my inspirasie versmoor?

Dit is 'n raaisel.

Maar.

Ek is terug. Hierdie kort artikel is net die begin van baie interessante gesprekke wat gaan volg.

Aksie tot inspirasie in Bloem.

Monday, May 31, 2010

Hooters in SA vs Hooters in America




Short hair.





Yes, I do find women very attractive, but I prefer a bit of scruff on the chin. I’ve always preferred men. I especially have a thing for jesus. Can I hear you say halleluja?

That being said. I’m a Capetonian with short hair who now resides in the land of mielies. Yes, you’ve guessed it, I live in Bloemfontein. When I tell fellow Capetonians this minor detail, they all grind their teeth one centimeter shorter. The worst is I have to deal with the conservative fever on a daily basis. The Christian folk. The farmers. The “Vryheidsfront tannies” with matching outfits. The racists. The poppies. The “vlaktes”. And so much more.
 
Having short hair in Cape Town in 2009 was a bold move. It was edgy and most woman who dared, looked gorgeous. In Bloemfontein it is the opposite.

One evening going to one of Bloemfontein’s favourite activities, The Braai, a rather strange guy confronted me. He pinched his eyes towards me and battled with a frown for a few seconds. With his chest wide and arms curved, he bolted: Hey, is jy ’n dyke?
A what? I was shocked.
“You know, soos ’n lesbian of het jy jou kop geskeer vir kanker?”

The reason for my shock wasn’t only the question, but the fact that he could associate me with the Bloemfontein dykes! Have you ever met a Bloemfontein dyke? I’m genuinely afraid of them. One look at her woman and boy, she will slap you so hard your face say hello to the floor.  Trust me, never upset one of these baggie pants-loose tie inspired by Avril-frosted tip beasts. They will you a proper PK.


I still have short hair and I’m thinking of cutting it into a mowhawk. I wonder how the Bloemfontein crowd will respond to this?

Thursday, May 27, 2010

You are as sexy as a crayfish.




Die Worldcup is om die draai. Dit beteken ons strate gaan oorloop van buitelanders. Hierdie buitelanders glo steeds die wilde diere gaan hul vergesel van een hoek tot die volgende. Die khaki gaan menige oog seermaak. Verassing: daar is meer as net die swart nasie in Suid- Afrika. Dis regtig waar, baie uitlanders glo ons land is slegs 'n swartbevolking. Die woord reënboognasie het nie duidelik die situasie weerspieël nie. Een van die outjies wat saam m et my werk vertel hoe hy oorsee was en almal konstant wou seker maak of hy ragtig van Suid-Afrika kom, omdat hy wit is. Sy antwoord was ja, hy kom inderdaad, maar hy is eintlik swart, maar in die winter bleik ons uit tot hierdie kleur. Uitstekend.




Buitelanders is 'n vreemde spesie en ek sal dit nie verstaan nie, maar hulle tel die teenoorgestelde geslag in 'n oogwink op. Jy sal sit in 'n kroeg en 'n drankie geniet, 'n plaaslike ou stap in jou rigting en blaker uit dat hy wil seks hê met jou. Wat? Lyk jy soos 'n slet en jy plat jou hand op sy wang neer. Maar laat daar nou 'n buitelander met 'n vreemde aksent na jou kom en dieselfde ding kwytraak, smelt jy van jou stoel af, jellie in sy hande en sjoef-sjaf is jy in sy bed. Ek het eenkeer 'n Iet ontmoet, Steve. Hy was redelik aantreklik, maar toe hy sy mond oop maak skree my klein stemmetjie vir my: "hoekom het ek 'n kêrel!" Gelukkig het my selfbeheersing gewen, maar as ek 'n aanleenloper was, was ek dalk geflous. Dieselde storie met die Argentiniërs, hulle "I love you, I love you" die hele aand lank en so manipuleer hul die prooi om te val vir hul skerp tande. Wat hul eintlik so gulsig op hul lippe hang is seks, seks en net nog seks. Soms werk die kombinasie van aksent en alkohol nie so goed vir die buitelander nie. Ek en my vriendinne, die tripot, het een aand rustig in Mercury 'n drankie geniet. Die volgende oomblik struikel daar 'n verlore siel na ons toe, lig sy hand tot voor sy voorkop, wikkel sy vingers en uiter vir Wilmi: "You are as sexy as a crayfish." Hy was ernstig. Ek kners op my tande om te keer dat ek nie op hom spoeg soos ek lag nie. 'n Duidelike flop.




Ek is nogal opgewonde vir die Worldcup om te begin, ek dink dit gaan 'n interessante tyd wees vir Suid- Afrika. Ek is optimisties, glo dit gaan 'n sukses wees, Bafana gaan ons verras met goeie spel, baie sexy uitlanders gaan oor ons turf wemel, interessante gesprekke gaan plaasvind en geen wilde diere word toegelaat nie. Beware.

Tuesday, May 25, 2010




"Art exists so that we do not die of reality"






Burgers.


Burgers, meeste mense lek hul lippe af vir 'n goeie burger. Burgers is vinnig, vullend en lekker. Die perfekte fast food. Ek en my ma het eens op 'n tyd op 'n avontuur gegaan opsoek na die beste burger, langs die pad was hier en daar goeie kwaliteit, maar ons streef nog na die perfekte een. Dan moet ek ook erken dat Burger Fair, dit is nou die blou restuarant/drive-in waar Jack Parow sy "Cooler as ek" video geskiet het, verkoop 4 kaasburgers, met chips en 4 koeldranke vir min of meer R70. What a bargain. Nie net is dit goedkoop nie, dit is damn lekker. So ja, op die oomblik is dit my gunsteling burger. Die enigeste plek in Bloem wat naby aan die kwaliteit en platsak waarde kom, is die Deli. Dit is die heel laaste eetplek in die brug op kampus. Die plek is so cool, hulle het op 'n tyd quarts verkoop. Ek was beïndruk.

Na 'n lang dag van klas loop, stap ek my huis binne, dit lyk steeds soos 'n varkhok, my broer lê al die heeldag en vrot op die bank en as ek hom vra: "Hey dude, wat wil jy vir aandete hê?", ek moet dan nog dit ook voorberei. Kry ek die antwoord: "Furburgers". My arme broer is frustreerd. Hy het die ander dag die line op een van sy vriende probeer, die vriend reken hy hou daarvan sonder die fur. Die Brizilian burger. Burgers is nie net vir my en my familie belangrik nie, dit het so 'n empire geword dat die burger al sy eie site het. Jip, ek vertel geen leuens nie. Dit is belaglik wat mense kan uitdink en dat hierdie site heel moontlik baie gereelde lesers vasnael.
http://www.cheese-burger.net/
Burgers, burgers, burgers, die site handel oor enige iets wat die bun en die pattie betrek.

Een van my goeie vriende in die Kaap en dit is die gedagte waarmee ek jou wil los, het 'n filosofie oor Burgers. Hy glo jy kan bepaal hoe 'n meisie is in die bed deur die manier wat sy haar burger eet.

DUS:

Is die meisie wat haar burger met 'n mes en 'n vurk eet beter of het die een wat haar burger in die hande neem, dit smul en na die tyd haar vingers aflek meer skill?



Monday, May 24, 2010

Die duiwel speel met my kwas.















Bel, sms, twyfel, bel weer, finale sms en uiteindelik het jy 'n bier in die een hand, 'n sigaret tussen die lippe en 'n chippie in die oorblywende hand. In die koue van Bloemfontein word wyn, bier en die occasional tang, archers, tequila of zagermeester benodig op 'n gereelde basis. Daarby word goeie musiek en bietjie-bietjies malmense in die mengel gemoes. Die volgende oggend struikel jy by die huis in en jou bene lyk soos 'n oorlogveld. What happened? You happened. Your friends happened.

Die evidence is opvallend. Daar is menige foto geneem, maar jy kan nie eenkeer die flash in jou oë onthou nie. Verder weet jy, daar was gedans dans dans ons het gefokken fokken dans, vleis geëet, 'n persoon van Irak het jou 'n lelike sê-ding geleer, jy het saam met ' n skoolhoof die Bloemfontein mambo geniet, in jou bed beland en met 'n glimlag ontwaak, terwyl daar iemand op 'n kampstoel uitgepass is, 'n vreemde goose op die bank en nog 'n gesig loer uit onder 'n kombers op die tweede bank. Die miere floreer oor die vloer, tafel, papsak en glase. Jy knik jou kop= satisfaksie.

Ek mis die kaap, maar hier in die Bloem speel die duiwel met my kwas. What a beautiful painting was created!

Nobody-but-yourself


A poet is somebody who feels, and who expresses his feelings through words. This may sound easy. It isn't. A lot of people think or believe or know they feel- but that's thinking or believing or knowing; not feeling. And poetry is feeling- not knowing or believing or thinking. Almost anybody can learn to think or believe or know, but not a single human being can be taught to feel. Why? Because whenever you think or believe you know, you're a lot of other people: but the moment you feel, you're nobody-but-yourself.

-e.e.cummings

Ek weet nie.











Hoekom reken party mense ek weet nie is 'n antwoord? Dit is nie. Ok, tog in sekere gevalle kan dit toegelaat word, byvoorbeeld: "Hoe laat is dit?", en jy besit nie 'n horlosie nie, " ek weet nie". Aanvaarbaar. Mense besef nie dat die eintlike antwoord, "Ek weet nie", jou soos 'n poep op 'n lap laat lyk. Gee asseblief net vir my 'n intelligente antwoord of maak 'n grappie. Grappies word waardeer in sulke situasies of dan ook net die blote waarheid.

Die frase is een wat my hoogs irreteer. Daar is baie baie erge frustrasies in hierdie land van ons, maar 'n vertraagde antwoord kan my teen die mure opdryf! Ek het menige kere al die begeerte gekry om my hand te lig en kennis te maak met die persoon se gesig. "Hoekom klap jy my?" "Ek weet nie". Bam slaan jy hom met 'n middelvinger tussen die oë.

"Ek weet nie", "Hoekom", " Sommer" is net 'n paar voorbeelde in die boek van woorde wat jou intelligensie vlak laat daal tot op die Ik van 'n potplant. Ek het eendag besluit om 'n ID foto te gaan neem, want ek moes my lesensie kry. Die gesprek loop as volg met die fool agter die toonbank.

Ek: Kan ek 'n ID foto hier neem?
Fool: Hoekom?
Ek Ek het een nodig.
F: Hoekom?
E: Ek moet dit aan 'n papier heg.
F: Hoekom?
E: Is dit jou werk om my hierdie kak vrae te vra?

Wragies weer.

F: Hoekom?
E: Dude, ek het 'n foto nodig om aansoek te doen vir my lisensie. Tevrede?
F: Hoekom?

Is jy ernstig, is dit nie duidelik hoekom ek 'n foto wil hê om aansoek te kan doen vir my lesensie, sodat ek wettig kan bestuur nie? Die resultaat was dat ek hoogs bedonderd lyk op my foto. Dankie fool agter die toonbank vir jou interessante manier van interaksie met 'n kliënt. As ek verder dit sou wou ontleed kry jy mans wat dink dis 'n goeie "pick-up line". Hahaha, ek moet lag vir die patetiese poging tot kom-ek-beïndruk-hierdie-dame-met-my-vaardigheid-in-die-woord, "hoekom". My troeteldiere het meer skill as jy. 'n "Pick-up line" moet of baie skerp wees of so lame dat die snaakse element in jou guns tel. "Hoekom" kwalifiseer nie.

Die ander geval wat ook onlangs die intelligensie vlakke van my x verraai het in 'n onverwagse, "ek twyfel in die verhouding oomblik", loop as volg:

E: Ok, so wat wil jy doen in die situasie?
X: Ek weet nie.
E: Hoe kan jy nie weet nie, jy twyfel, wat wil jy hê?
X: Ek weet nie.

So het die gesprek aan gehou en aangehou met die antwoord "ek weet nie", totdat ek besluit het de hel met dit en gevra het ek of dit nou die einde is?

X: Ja, op een voorwaarde.

Op 'n voorwaarde? Ekskuus? Nadat ek moet sukkel om meer as 'n "ek weet nie" uit hom te kry? Hy speel toe nie. Die voorwaarde was dat ek en hy nog kon vriende bly, maar in alle eerlikheid weet ek nie of ek kan vriende wees met iemand wie se intelligensie vermoeëns gelyk is aan die van 'n vis nie. Hy swem net konstant in 'n sirkel en borrel so af en toe 'n "ek weet nie" uit. Nee.

Dus het ek my besluit geneem. Ek meng nie weer met mense wat in een tot drie woorde 'n gesprek probeer voer of dom antwoorde gee nie. Dus as jy cool genoeg is, sal jy in 'n ongemaklike situasie of ook net as jy nie 'n idee het wat die antwoord is nie, 'n grappie maak of met iets slim die persoon interesseer.

"Ek weet nie".

Sunday, May 16, 2010

Damn, die wonders van die branders.




Hahahaha, ek kon dit nie glo nie. What a man. Ek sal myself bevuil in my wetsuit as 'n haai blitsvinnig verby my skiet en dit nog op 'n surfboard. Dit is definitief 'n unieke man, met 'n oorspronlike humorsin. Jy wil jouself net neersit op die strand met 'n bottel tas en die reaksies van die arme publiek geniet. Dink net hoe bepiss mense hulself. Haha, onthou die kamera.




Dit sal my dag maak. Ek sal verseker vir Tom Catilin opspoor en sy hand skud. Thanks for introducing us Le Crush 100, now leave, this fish is mine.




Good Marketing


Have you ever gone to the loo and found yourself bored with no entertainment for your eyes? No writing on the wall? No numbers from desperate girls seeking sex(because boys do go to girls bathrooms to fill their blackbooks)?


Well no need to worry, because some companies had the clever idea of putting nice A4 posters on the door. You can take a crap or pee exploring what product is new in the market. Today I discovered a natural sinus tablet for the harsh winter.


What will I find tomorrow?

CarBar

Baie mense sal met my saam stem as jy sê "CarBar", jy sal tien teen een nog 'n juig ook ontvang. Op my dag en veral in die skelmbos het ons die missie sommer maklik aangepak, daarna die papsak in die handsak gegooi en geboogie. Gisteraand was vir my so 'n episode in Bloemfontein en nou is die son te skerp op my oë.

My punt wat ek wil bereik is: as jy die keuse maak om te "CarBar", kies die regte drank. Dit klink heel eenvoudig, maar vertrou my as ek sê dit is baie belangrik. Byvoorbeeld, Tang en Boks Rose= nie goeie keuse nie, tensy jy dit verniet kry. Alles is goed as jy dit verniet kry!

"CarBar" is 'n aangename geleentheid wat moet respekteer word. Dus, as jy beplan om jou Parow vriende op te laai en jou boombox op die hoogste frekwensie te laat vibreer, bly eerder by die huis. Dis die siele wat "CarBar" vir die ordentlike kinders onmoonlik maak.

Pasop vir die Bacon!

Sunday, May 9, 2010

Le Crush 100

Hahahahaha, wat 'n kief chick. Ok, dit is dalk 'n bietjie creepy, maar dis snaaks en baie oorspronklik. Hierdie girl is die ultimate stalker. Sy sien 'n hot ou, hy is gewoonlik in 'n band, sy skryf in kort haar opinie oor hom neer, hoe sy hom in die hande sal kry en dan is daar fotos wat volg. Die ouens wat sy so beswadder, is smoking! So dit sal die les van die dag wees: wees oorspronklik, want wie de hel gee om. Soos een van my digbundels kwyt raak:

"Happiness is something so big, it is sometimes mistaken for insanity!"

Saturday, May 8, 2010

Teleurstelling


So is ek gestrand tussen die mielies, Bloemfontein, en gisteraand is Taxi Violence en Ashtray Elelctric veronderstel om te speel. Yes, uiteindelik 'n stukkie van die Kaap wat gesig wys in die Mystics(mystic, sonder die"s" in die Bloemtaal). Ek en my broer is in 'n partybui van alle tye, dye hare, trek die kiefste pakkies aan, right here we go. Teleurstelling, oh what terror, jip die bands se bus het iewers gebreuk. Regtig? Is dit jou verskoning? OK, net om die punt ook uit te kry daar is bloemers wat smaak het en baie uitgesien het na die gig. Colourblind het die plek gevul en 'n interessante akoestiese set gespeel. Die frontman het inderdaad 'n goeie stem, goeie dinge kn dalk nog vir hulle voorlê. Shit-story, of wel dis hoe hul naam klink as jy dit vinnig sê, was maar vervelig. Gaap. Terwyl hierdie band probeer het, het ek en my tas foozball tafel toe beweeg om 'n paar ouens se ego's te knak. Great success. Die teleurstelling was toe 'n goeie aand, goeie talent, goeie tas, kak R13,50 smokes.

http://www.facebook.com/l.php?u=http%3A%2F%2Fwww.youtube.com%2Fwatch%3Fv%3DXcYiH3pziQQ&h=762dd